Ardea melanocephala Black-headed Heron Swartkopreier
Modimolle, Des 2017
Standvoël. Nie ’n watervoël nie en is opvallend en redelik algemeen in landbou-areas – besproeiingslande, gesnyde weivelde en aangeplante grasvelde – maar is andersins skaars. Hulle word aangelok deur veldbrande waar hulle voed op insekte en knaagdiere. Broei in ’n paar tradisionele neste en hulle broei enige tyd van die jaar.
Mookgopong, Des 2017
Sedert ongeveer 1960 gebruik Swartkopreiers hierdie groot Kameeldoringboom buite Mookgopong.
Vaalwater, Aug 2018
Vaalwater, Aug 2018